wIE IS ONS
Kos vir Kinders is 'n landswye projek wat deur Vryburger Omgeemense gedryf word wat poog om die duisende kinders in en óm ons gemeenskappe wat op ‘n daaglikse basis op skool kwyn van hul honger te verlig. Ons glo dat geen kind in Suid-Afrika honger moet gaan slaap nie en ons span werk hard om hierdie droom 'n werklikheid te maak. Ons bied 'n verskeidenheid programme aan wat fokus op die voeding van kinders, insluitend skoolontbyt en middagetes, asook voedselpakketverspreiding aan minderbevoorregte gemeenskappe. Ons is trots om 'n verskil te maak in die lewens van ons kinders en ons gemeenskappe. Besoek ons gerus by www.vryburgers.co.za
www.vryburgers.co.za